10 Prettige idees vir die langpad

~ Maroela Media, Desember 2021 ~

“Hoe ver is dit no-o-o-og?” Hoor jy gereeld dié refrein as julle langpad ry? En dikwels begin dit skaars nadat die enjin aangeskakel is. Hier is ‘n paar kreatiewe idees om die jongspan in die motor besig te hou – sonder ‘n tabletrekenaar of draagbare DVD-speler!

 

Karkrieket: Hierdie speletjie is ‘n ou gunstelling – en dit is sommer ‘n goeie manier om hoofrekene in die vakansie te oefen! Die passasiers maak beurte om te kolf. Vir elke voertuig wat verbykom, kan jy tydens jou kolfbeurt lopies aanteken.

 

‘n motor = 1 lopie

‘n bakkie = 2 lopies

‘n vragmotor = 3 lopies

‘n voertuig wat ‘n woonwa sleep = 4 lopies

‘n sportmotor met ‘n afslaankap = 6 lopies

*enige rooi voertuig = uitgeboul

 

Lees meer hier