Hoeveel plastiek het jy vandag geëet?

~ Maroela Media, Mei 2022 ~

Dit is dalk ‘n bekende feit dat ons elke week sowat 5g, oftewel die gewig van ‘n kredietkaart, se mikroplastiek ombewustelik inneem, maar het jy geweet dat dié klein stukkies plastiek, wat 5mm of kleiner is, nie alles deur die liggaam uitgeskei word nie?

 

Daar word beraam dat meer as 70 miljoen ton mikroplastiek sedert ongeveer 1950 in die oseaan gestort is weens industriële vervaardigingsprosesse en dat plastiekproduksie, ondanks ‘n toenemende omgewingsbewustheid wêreldwyd, teen 2040 gaan verdubbel.

 

Plastiekdeeltjies is letterlik oral om ons: in die oseaan, in die lug, in die sneeu van die Himalajabergreeks, en selfs in menslike plasentas. Tandapasta, sonskerm, chemikalieë en verpakking bevat alles plastiek.  Hoewel studies to dusver aangedui het dat mikroplastiek nie tot die dood, of regstreekse vergiftinging of voedselvergiftinging lei nie, is daar toenemde bewyse van die potensieel skadelike uitwerking daarvan op die menslike liggaam.

 

Lees meer hier.