Aanvullings: Hoeveel is genoeg (of te veel)?

~ Maroela Media, April 2022 ~

As ‘n mens deur die apteek of tussen die supermarketrakke drentel, is daar ‘n duiselingwekkende aantal aanvullingsprodukte wat in kleurvolle verpakkings beloof om jou van kop tot tone met die woema van ‘n superheld toe te rus. ‘n Tablet vir dié tekort, ‘n kapsule vir kopkrag, ‘n stropie vir soete slaap.

 

Luidens ‘n verslag deur Zion Market Research het die wêreldwye aanvullingsmark van $132,8 miljard in 2016 gegroei tot sowat $191 miljard in 2020. Daar word verwag dat dié mark teen 2028 tot ‘n astronomiese $300 miljard ($300 000 000 000 – jy’t reg gelees, 300 met nege nulle!) kan groei.

 

Volgens Pharma Dynamics, ‘n plaaslike verskaffer van immuunversterkende aanvullings, neem byna die helfte (46%) van Suid-Afrikaners ‘n daaglikse gesondheidsaanvulling om hul immuniteit en algehele welstand ‘n hupstoot te gee.

 

Lees meer hier.