Aitsa, aartappels bly darem maar lekker

~ Maroela Media, April 2022 ~

Aartappels is waarskynlik een van die laaste goed waaraan ‘n mens dink as jy jou gewig in toom wil hou, maar hokaai voordat jy dié knolgroente bloot as styselsondebok brandmerk en van jou inkopielys verwyder.

 

Aartappels, wat reeds in 5 000 v.C. in Suid-Amerika verbou is en eers sowat 500 jaar gelede in die Westerse wêreld sy buiging gemaak het, is vandag die wêreld se vierde grootste voedselgewas. Omdat dit in bykans enige klimaat en toestand kan groei, word dit met goeie rede deur die Verenigde Nasies as voedselsekerheidsoes aanbeveel.

 

Lees meer hier.