Alewig lam in die bas? Dís dalk hoekom

~ Maroela Media, Mei 2022 ~

Voel jy alewig traag, vaag en soos die stompste mes in die laai? Hoewel dit normaal is om soms te voel asof jy ‘n swaar vragmotor dwarsdeur die nag oor ‘n steil bergpas gesleep het, worstel talle mense sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie met ‘n onverklaarbare, voortslepende lam-in-die-bas gevoel. Soos ‘n donker wolk wat eenvoudig nie wil wyk nie, luilekker vakansies en langnaweke ten spyt, en of jy nou die afgelope twee jaar positief vir Covid-19 getoets het of nie.

 

Die goeie nuus is: jy is allermins alleen. Trouens, navorsers en medici begin stadig maar seker om agter die kap van dié stomp byl te kom. Al meer studies onthul langdurige simptome wat veel verder strek as die lys Covid-simptome wat die meeste van ons slaap kan opsê. Ofskoon dit (nog) nie as ‘n mediese toestand in eie reg erken word nie, is “lang-Covid” vir duisende mense ‘n werklikheid waarmee hulle daagliks worstel.

 

Lees meer hier.