App-gedrewe bank open digitale deure

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Bank Zero het die jongste speler in die groeiende Suid-Afrikaanse banksektor geword en beloof benewens ‘n geenkosterekening ook transakie- en kaartsekerheid sonder gelyke.

 

Die nuwe bank bevind hom in die geselskap van verskeie (ver)nuwe(nde) rolspelers in die bedryf, waaronder TymeBank en Discovery Bank. Terwyl laasgenoemde twee reeds stewig sake doen, kom Bank Zero se amptelike (digitale) opening ná ‘n lang vertraging weens die onsekerheid wat die Covid-19-pandemie teweeggebring het.

 

Planne vir die bank is reeds aan die begin van 2018 aangekondig, met die aanvanklike beplande bekendstellingsdatum wat ‘n jaar later sou volg. Die koronavirus het egter ‘n stokkie hiervoor gesteek en die bank het Dinsdag stelselmatig toegang tot sy app begin bied. Voornemende kliënte kan op ‘n waglys (by die Kontak ons-deel op sy webwerf) aanteken, waarna kliënte stelselmatig toegang tot die app sal kry waar hulle die registrasieproses kan voltooi.

 

Lees meer hier.