Apple gee (bietjie) bes oor apps

~ Maroela Media, September 2021 ~

Ná ‘n jarelange struweling tussen app-ontwikkelaars en Apple oor die tegnologiereus se kommissieheffing vir in-app-aankope, het Apple die afgelope week ‘n klein bietjie skiet gegee.

 

Dié kommissie wat Apple hef en tot 30% kan beloop, laat maatskappye lank reeds rooi sien omdat Apple klante nie toelaat om apps van enige ander plek as die amptelike App Store af te laai nie.

 

“Om ‘n veilige en naatlose gebruikerservaring te verseker, vereis die riglyne van die App Store dat ontwikkelaars digitale dienste en subskripsies met behulp van Apple se in-app-betaalstelsel verkoop,” het Apple gesê.

 

Lees meer hier.