Apple kóók in Cook-dekade

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

‘n Dekade gelede het beleggers en tegnologiebegeesterdes asem opgehou toe Tim Cook se naambordjie op 24 Augustus 2011 teen die grootbaas se deur by Apple opgehang is. Sou hy die legendaries Steve Jobs, wat net twee maande tevore oorlede is, se skoene kon volstaan?

 

Niemand het verwag dat Timothy Donald Cook, wat vroeër onder meer by IBM en Compaq gewerk en hom op 11 Maart 1998 by Apple aangesluit het, die leisels van die tegnologiereus sou oorneem nie. Maar Jobs het dit duidelik in sy bedankingsbrief gemaak dat dit tyd is dat Cook uit sy skadu stap: “Ek beveel sterk aan dat ons ons opvolgingsplan uitvoer en Tim Cook as uitvoerende hoof aanstel.”

 

Die aandelehouers het hul sterte gewip en bykans $10 miljoen van die maatskappy se waarde is oornag uitgewis. Vandag, tien jaar later, kan dié vinnige verkopers hulself sekerlik skop met die groep se aandeelprys wat die afgelope tien jaar van $13,46 tot $149,78 gestyg het.

 

Lees meer hier.