Apple verras, vernuwe, verbeter

~ Maroela Media, September 2021 ~

Wanneer enige tegnologie-nuutjie die mark tref, spits my drie tieners (vir ‘n slag) hul ore. Bankbalanse en beursies word benoud bestudeer om te sien of hul spaarpogings dalk dié jaar vrug sal dra.

 

Toe Apple Dinsdagaand Suid-Afrikaanse tyd sy jongste verbeterde produkte bekendstel, was die skoolwerk in rekordtyd afgehandel en ons soos Eugène Marais-bobbejane gemesmeraais saam met meer as 2,5 miljoen ander geesdriftiges wat op Apple se regstreekse aanlyn aanbieding, California Streaming, ingeskakel het.

 

Pleks van ellelange tegniese detail aframmel, het die tegnologiereus se ringkoppe, onder stuurmanskap van raakvatter-grootbaas Tim Cook, ‘n rolprentreis van 90 minute geskep wat dit opnuut duidelik gemaak het dat Apple veel meer as nét ‘n produkmandjie is.

 

Lees meer hier.