Apple vryf MacBook blink

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Net meer as ‘n maand nadat Apple sy splinternuwe iPhone13, Apple Watch 7 en iPad Mine bekend gestel het, het die tegnologiereus die langverwagte verbeterings aan en verjongingskuur van sy MacBook-reeks en AirPods aangekondig.

 

Apple-geesdriftiges wag reeds vyf jaar vir die jongste MacBook en het lank gegis oor watter woema in dié masjien sou skuil. Apple het Maandag uiteindelik die sluier gelig tydens ‘n aanlyn bekendstelling genaamd “Unleashed”.

 

En die wag was beslis die moeite werd. Die nuwe MacBook Pro is in 14- en 16-duim beskikbaar en spog met ‘n batterylewe van tussen 17 en 21 uur. Boonop laai albei modelle binne 30 minute tot 50% kapasiteit. Die magnetiese laaivermoë (MagSafe) is ook teruggebring.

 

Lees meer hier.