As jou maag amok maak

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Opgeblasenheid, ongemak, onaardse geluide. Ons almal ervaar soms moeilikheid met ons maag, maar wat presies is binne-in jou aan die broei? Is die berg besig om ‘n muis te baar of moet jy bitter bekommerd wees?

 

Agt Algemene aandoenings

 

Gastritis

Die vloeistof wat die liggaam help om voedsel te verteer, bevat baie suur. Soms dring dié spysverteringsappe deur die beskermende maagwand en veroorsaak gastritis. Bakterieë, pynmedikasie soos ibuprofeen, alkohol of spanning kan ook oorsake wees. ‘n Teensuurmiddel bring gewoonlik verligting, maar raadpleeg jou dokter as dit nie beter word nie, want gastritis kan soms bloeding of maagsere veroorsaak.

 

Lees meer hier.