Blitstrein maak buiging in China

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Dink net hoe lekker sou dit wees om per trein, koffie en koerant in die hand, in minder as ‘n uur van Johannesburg tot Durban te blits. Wel, China, die wêreldvoorloper op die gebied van sneltreine, skuif gereeld die spoeddoelpale met die bekendstelling van ál vinniger treine.

 

Die jongste is ‘n splinternuwe sneltrein wat in Qingdao bekendgestel is. Dié trein, wat deur die staatsbeheerde China Railway Rolling Stock Corporation ontwikkel is, blits teen ‘n allemintige 600 km/h. Alles danksy maglev-tegnologie, oftewel magnetiese levitasie. Dié tegnologie laat dit lyk asof die trein bokant die spore sweef danksy elektromagnetiese krag.

 

Die trein, waarvan die binnekant ‘n mens aan ‘n luukse Boeing laat dink, het ‘n lae onderhoudskoste en veroorsaak glo baie minder geraasbesoedeling as sy spoedeweknieë.

 

Lees meer hier.