Bloedskenk meer as ‘n hartsaak

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

Ten spyte van die merkwaardige spronge op die gebied van mediese tegnologie – van kunsmatige harte tot genetiese ingryping – bly bloed ‘n skaars kommoditeit wat nie kunsmatige gekweek kan word nie.

 

Lewende vel uit ‘n laboratorium, kompleet met bloedvate, is niks vreemd nie. Tog is die lewegewende vloeistof wat deur die 100 000 kilometer bloedvate in ons liggame bruis, letterlike goud werd (daar is sowat 0,2 mg goud in jou bloed!) Met minstens 1 uit elke 7 mense wat in die hospitaal beland wat bloed benodig, behoort bloedskenk beslis bo-aan jou doenlysie te staan.

 

Terwyl Suid-Afrika in Junie Nasionale Bloedskenkmaand vier, word Wêreldbloedskenkdag wêreldwyd op 14 Junie gedenk. Dié dag het ten doel om ‘n bewustheid van die behoefte aan bloed te verhoog, om skenkers te bedank en te eer, en om gereelde bloedskenking deur geskikte skenkers aan te moedig.

 

Lees meer hier.