Brandwonde vlam op in wintermaande

~ Maroela Media, Mei 2022 ~

Die winter is om die draai en dit is ook die tyd van die jaar wanneer die meeste brandwonde aangemeld word. Suid-Afrika het ‘n besonder hoë koers van brandwonde, veral by kinders, met sowat 1,6 miljoen brandwondgevalle en meer as 1 300 brandwond-verwante sterftes wat jaarliks aangemeld word. Wêreldwyd sterf meer as 180 000 mense per jaar aan brandwonde.

 

Volgens die Mediese Navorsingsraad by Unisa doen veral kinders jonger as ses jaar in die wintermaande brandwonde op as gevolg van verwarmers, oop vure, warm water en stoofplate. Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam op sy beurt dat die koste van die behandeling van brandwonde in Suid-Afrika meer as R400 miljoen per jaar beloop, met paraffienstowe wat as een van die hoofoorsake van die hoë brandwondsyfer aangedui word.

 

Lees meer hier.