Breek só skuld se smoorgreep

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Suid-Afrikaners is in ‘n skuldsmoorgreep. Volgens die Experian South Africa’s Consumer Default Index beloop verbruikerskuld tans R1,9 biljoen (“trillion”), terwyl Trading Economics berig dat ons skuld-tot-inkomste-koers ‘n astronomiese 77% beloop.

 

Volgens DebtBusters, een van die land se grootste skuldberadingsgroepe, betaal mense wat aansoek doen vir skuldberading en meer as R20 000 per maand verdien, meer as 60% van hul maandelikse netto inkomste aan skuld en het talle ‘n skuld-tot-inkomste-verhouding van meer as 130%. Die grootste deel van dié skuld, sê Benay Sager, hoof van DebtBusters, is ongesekureerde skuld met ‘n baie hoë rentekoers.

 

Die finansiëledienstemaatskappy Transaction Capital sê op sy beurt dat ongeveer 38% van lenings nie ‘n goeie status het nie (“in good standing”) en dat tot 34% van huishoudings in Suid-Afrika uit die middelklas kan verdwyn.

 

Lees meer hier.