Charles en Diana: Dít vat die koek!

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Terwyl die meeste van ons nie eens kan onthou hoe ons eie troukoek gesmaak het nie en blitsig deur ‘n stowwerige fotoalbum moet soek om te sien of dit nou weer vrugte- of vanieljekoek was, is die bewaring van dié soetigheid ‘n winsgewende onderneming. Mits jy natuurlik jou hande op ‘n beroemde of befaamde se koek kan lê!

 

‘n Sny van die Britse troonopvolger en die koningin van harte se troukoek is die afgelope week vir £1 850 (sowat R37 600) op ‘n veiling verkoop, 40 jaar ná Charles en die skaam Diana se skouspelagtige troue op 29 Julie 1981.

 

Hoewel dié sny troukoek dalk vir 40 jaar bewaar gebly het, het die koninklike egpaar se paadjies ná net 11 jaar in 1992 geskei en hulle is in 1996, ‘n jaar voor Diana se tragiese dood in ‘n Paryse tonnel, amptelik geskei.

 

Lees meer hier.