Dié smulpaap behoorlik ingeburger

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Net meer as 1 miljard Big Macs word jaarliks wêreldwyd verkoop, wat beteken dis meer as 2,5 miljoen per dag in meer as 100 lande. ‘n Man wat op eie houtjie stewig tot hierdie verkope bygedra het, is Donald Gorske van Wisconsin in die VSA.

 

Gorske spog met die Guinness-wêreldrekord vir die meeste Big Macs wat enigeen in ‘n leeftyd kon verorber. Wat begin het as drie (onskuldige) hamburgers wat hy op 17 Mei 1972 met sy eerste motor gaan koop het, het oor die afgelope bykans 50 jaar toegeneem tot meer as 32 340!

 

Hy’t aanvanklike begin deur nege Big Macs per dag (darem sonder skyfies) te eet, maar eet deesdae (net) so twee per dag. “Ek is nie iemand wat sommer nuwe dinge probeer nie. As ek van iets hou, is ek geneig om daarby te hou,” sê Gorske, wat ook met verskeie Mcdonalds-gedenkwaardighede in sy huis spog.

 

Lees meer hier.