Drie ekonome raap gesogte prys op

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Drie ekonome is Maandag aangewys as die wenners van die Nobelprys vir ekonomiese wetenskappe vir hul baanbrekerswerk om antwoorde op ingewikkelde vrae uit eenvoudige, alledaagse waarnemings te vind.

 

Anders as op mediese gebied of in ander wetenskappe, kan ekonome nie streng beheerde kliniese toetse uitvoer nie. Natuurlike eksperimente gebruik werklike situasies om die uitwerking op die wêreld te bestudeer, ‘n benadering wat ook na ander sosiale wetenskappe oorgespoel het.

 

Vanjaar se eerste ontvanger van die gesogte prys, Dawid Card, is deur die Sweedse Akademie vereer vir sy werk oor minimumlone, immigrasie en opvoeding. Volgens die Akademie het Card die teorie die nek ingeslaan dat ‘n verhoging in minimumlone tot minder werkgeleenthede lei.

 

Lees meer hier.