Drie grotes binnekort terug in die lug

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Lente is in die lug en binnekort ook drie ou bekendes van die Suid-Afrikaanse lugruim – die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Comair se Kulula.com en plaaslike British Airways-bedrywighede. Lift, die jongste lugdienslid, het sy vlugte reeds op 1 Augustus hervat nadat hy tydens die onlangs vlak 4-inperking vir bykans ‘n maand in ‘n houpatroon gesirkel het.

 

FlySafair, met sy kenmerkende wit romp en pienk en blou stert wat in 2013 begin is, het ‘n pronkposisie in die plaaslike mark sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie. Vir maande was die Springbokke se impaklugdiens die baas van die plaas en hy spog met die grootste passasiersvolume.

 

Daar lê ongetwyfeld ‘n opwindende tydperk vir die sektor voor soos die ander rolspelers van die krukkelys af terugkeer. Maar die speelveld is allermins gelyk. Enersyds het passasiers uiteindelik weer ‘n uitgebreide keuse van diensverskaffers en andersyds gaan dit ‘n gefladder van vere afgee soos die onderskeie lugdienste skarrel om veld te wen en ‘nverlore markaandeel te herwin.

 

Lees meer hier.