E-afval: Herwin meer, ontgin minder

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Terwyl baie klem gelê word op en talle organisasies hulle beywer vir die vermindering van besoedeling, kry die aarde se groeiende e-rommelhoop min lugtyd. Of dit ‘n stukkende selfoon of stokou skottelgoedmasjien is, al meer elektriese en elektroniese produkte word sommerso op die ashoop gesmyt.

 

Volgens die Verenigde Nasies sal elke mens op aarde teen einde vanjaar gemiddeld 7,6 kg e-afval produseer, wat beteken dat 57,4 miljoen ton van dié rommel wêreldwyd ophoop. Dit is die grootte van 350 reuse-passasierskepe of genoeg om ‘n lyn van 125 km lank te vorm.

 

Slegs 17,4% van alle elektroniese afval, wat uit skadelike stowwe én kosbare minerale bestaan, word behoorlik versamel, behandel en herwin.

 

Lees meer hier.