Epilepsie: Stigma strem siekes steeds

~ Maroela Media, Februarie 2022 ~

Met Nasionale Epilepsieweek wat vanaf 8 Februarie in Suid-Afrika gevier word, val die kollig opnuut op een van die oudste en algemeenste neurologiese siektes wat mense van alle ouderdomme raak.

 

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ly meer as 50 miljoen mense wêreldwyd aan dié siekte waarvan die vroegste opgetekende rekords tot 4 000 v.C. nagespoor kan word. Volgens die WGO word na raming vyf miljoen mense elke jaar met epilepsie gediagnoseer.

 

In lande met hoë inkomste word bykans 49 per 100 000 mense elke jaar met epilepsie gediagnoseer, terwyl dié syfer in lae- en middleinkomstelande tot 139 per 100 000 kan wees. Sowat 30% van epilepsielyers is kinders.

 

Lees meer hier.