Foongroepe skarrel vir plek in Kerskous

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

In ‘n besige week op die tegnologiefront is ‘n rits nuwe produkte bekend gestel met die oog op die feestyd wat om die draai is. Op die rug van Apple se bekendstelling van onder meer die nuwe iPhone 13, iPad, MacBook Pro en AirPods 3, het ook Google en Samsung seker gemaak hulle bult hul spiere voor Kersvader sy slee begin laai.

 

Google soek (steeds) vastrapplek

 

Google spog met twee nuwe fone, die Pixel 6 en Pixel 6 Pro. Dit is die eerste van sy fone wat met die nuwe Tensor-skyfie spog. Ook Apple maak deesdae sy eie skyfies nadat hy vroeër Intel-skyfies gebruik het. Google se fone het tot onlangs nog met Qualcomm-skyfies gespog.

 

Lees meer hier.