Gaan gerus generies

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Met gesinne wat die geldgordel al hoe stywer moet intrek om die syfers te laat klop, behoort besparing op mediese uitgawes hoog op die lysie te wees. Een manier om te bespaar sonder om gehaltegesondheidsorg in te boet, is deur vir generiese medisyne op jou voorskrif te vra.

 

Generiese medisyne is soos ‘n supermark se eie handelsmerkproduk. Dit is meestal presies dieselfde produk (wat dikwels in dieselfde fabriek vervaardig word), maar wat slegs met ‘n ander verpakkingsbaadjie spog. Tog trek ons gereeld die neus op vir die goedkoper ontbytgraan of langlewemelk en laai die oorspronklike handelsmerk in ons inkopiewaentjie.

 

Dieselfde geld vir generiese medisyne. Hoeweel die logiese keuse is om geld te bespaar, het talle mense nog vrae oor dié middels: Word dit behoorlik getoets? Is dit net so doeltreffend soos die oorspronklike (duurder) handelsmerkmiddel?

 

Lees meer hier.