Geur en kleur vir jou gesondheid

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

Daar’s niks soos ‘n titseltjie tiemie of ‘n takkie roosmaryn om ‘n gereg van alledaags na allemintig om te tower nie. Benewens konings van die koskas word kruie en speserye reeds vir eeue ingespan om allerlei kwale te genees. Ons het tien smaakvolle superhelde uitgesnuffel om jou dié winter op ‘n natuurlike manier te pantser.

 

Kaneel 

Kaneel stimuleer die spysverteringstelsel en onderdruk aptyt. Dit kalmeer ‘n omgekrapte maag en help ook teen naarheid. Kaneel help om bloedsuikervlakke gebalanseerd te hou, wat dit ideaal maak vir mense met diabetes. Boonop is dit propvol antiosidante en help om bloedsomloop te verbeter.

 

Waarskuwing: Moenie kaneel in oormaat gebruik nie. Dit is ‘n wonderlike spesery, maar navorsing dui daarop dat kaneel in die lewer kan ophoop

 

Lees meer hier.