Gloukoom: Die stil sigdief

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Dit kom soos die spreekwoordelike dief in die nag – ongesiens en onbehandeld die grootste oorsaak van voorkombare, onomkeerbare blindheid wêreldwyd. Dié sluimerende sondaar? Gloukoom.

 

Wêreldgloukoomweek, wat vanjaar van 6 tot 12 Maart gevier word, is ‘n unieke inisiatief wat die soeklig op gloukoom laat val en bewusmaking skep dat die vinnige diagnose en behandeling daarvan onnodige siggestremdheid kan voorkom. Tot 90% van mense in ontwikkelende lande is onbewus daarvan dat hulle dié oogsiekte het.

 

Volgens die Wêreldgloukoomvereniging (WGV) het sowat 78 miljoen mense gloukoom, oftewel een uit elke 200 mense ouer as 40 jaar en een uit elke agt mense ouer as 80 jaar. In Suid-Afrika het ongeveer 5% van mense ouer as 40 jaar gloukoom en 23% van alle mense wat blind is, is weens gloukoom. Die WGW raam dat sowat 112 miljoen mense teen 2040 met gloukom gediagnoseer sal word.

 

Lees meer hier.