Groot geld vir klein 007-wiele

~ Maroela Media, September 2021 ~

Met die jongste James Bond-rolprent, No Time to Die, wat Suid-Afrikaanse silwerskerms ná maande se gewag uiteindelik dié naweek tref, kan jong 007-aanhangers dalk nog nie aan ‘n martini weglê nie, maar wel wilde draaie gooi in ‘n klein elektriese weergawe van die ikoniese Aston Martin DB5.

 

The Little Car Company, wat in die Verenigde Koninkryk gestel is en ook ‘n elektriese Bugatti Type 35 en Ferrari 250 Testa Rossa op sy kerfstok het, se spesiale weergawe van die No Time to Die-wintiewiele is twee derdes (66%) so groot as die ware Jakob.

 

Slegs ‘n beperkte aantal van dié motortjies, wat nie ‘n afslaankap soos in die rolprent het nie sodat groter kinders en selfs volwassenes vir ‘n spin kan gaan, word vervaardig. Elke eienaar kry outomatiese lidmaatskap van die gesogte Aston Martin-eienaarsklub.

 

Lees meer hier.