Grootste logistieke sentrum in Afrika geopen

~ Maroela Media, September 2021 ~

Die wêreldwye vervoer-en-logistiekgroep DSV het onlangs die kontinent se grootste geïntegreerde logistieke sentrum op die drumpel van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park geopen.

 

Keith Pienaar, uitvoerende hoof van DSV Afrika, het tydens die virtuele inhuldiging gesê DSV Park Gauteng beklemtoon die groep se verbintenis tot Suid-Afrika en die strewe om as sleutelspeler sake in die streek ‘n stewige hupstoot te gee.

 

DSV, wat as ‘n klein onderneming in 1976 in Denemarke op die been gebring is toe tien vragmotoreienaars besluit het om hande te vat, doen vandag sake in meer as 90 lande, beskik oor 1 300 kantore en logistieke geriewe, en het sowat 75 000 werknemers in diens.

 

Lees meer hier.