Hannes Noëth, man van woord en daad

~ Maroela Media, April 2021 ~

Daar’s nie kommas of punte in sy sinne nie. Ook nie in sy lewe nie, want Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, is juis geroep om remme los te maak. As boodskapper om mense van ‘n hooplose einde na ‘n lewe vol eindelose hoop te begelei. Met woord en daad.

 

“Kom sommer die kant om na my studeerkamer toe,” groetnooi Hannes (47) my toe ons laatmiddag saam-saam by sy huis in Pretoria arriveer. Dis allermins studeerkamer, dink ek en verkyk my aan die meer as 11 000 boeke en bundels wat jou in die buik van die eertydse dubbelmotorhuis van kant tot wal omarm.

 

Dit ruik soos biblioteek, lyk soos museum en die gemaklike stoele wat plek-plek in gesellige groepies staan, is ‘n uitnodiging om jou in die voetspore van De Wet en De la Rey te laat verloor, Totuis en Steyn, Kruger en Kestell. As jy Hannes soek, sal jy hom nie voor die televisie nie, maar hier vind. Of by ‘n museum, monument, of mense. Enige plek waar stories is.

 

Lees meer hier.