Help! My kind het hand-voet-en-mondsiekte

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Somer is voor die deur en die kleinspan is reeds’n geruime tydjie terug in die skoolroetine. Soos die seisoene wissel en kontak tussen veral klein kinders verhoog, steek allerlei goggas kop uit wat niks met die koronavirus tedoen het nie. Een hirvan is hand-voet-en-mondsiekte (HVMS).

 

Ofskoon ouers hulle boeglam skrik as boet of sus ewe skielik sere in of om die mond, ‘n uitslag of blase op hul hande, voete, bene of boude het, is HVMS ‘n algemene verskynsel, veral by kinders onder die ouderdom van vyf jaar, sê dr, Dirk Lombard, mediese dokter van Kempton Park.

 

“Hoewel dit ook by volwassenes kan voorkom en soms pynlik kan wees, is daar geen rede tot paniek nie. Die virus wat HVMS veroorsaak, is die coxsackievirus A16 en ander enterovirusse. Die siekte wat by diere voorkom, word bek-en-klouseer genoem en word deur ‘n heeltemal ander virus veroorsaak.”

 

Lees meer hier.