Help! My kind moet vakke kies

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Ons oudste moet eersdaags vakke vir gr. 10 kies en die idee dat die verkeerde keuses my 15-jarige in sy latere loopbaanspore kan stuit, pers die lug uit my longe. Hoe gemaak om my kind se passie aan te vuur sonder om deur punte, prestasie en potensiële inkomste gepootjie te word?

 

“‘n Matrieksertifikaat hét ‘n enorme invloed op verdere studie en selfs werk, maar die verkeerde vakkeuses, wat nie belyn is met die leerder se aanleg, belangstelling en passie nie, kan enersyds ‘n slegte emosionele ervaring teweegbring en andersyds loobaankanse kniehalter,” sê prof. Gawie du Toit, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan Akademia.

 

Pieter Jordaan, eienaar van Futuresmart en voorligter, stem saam en sê vakkeuse is die sleutel tot die beroepskeusedeur. “Die verkeerde vakkeuse kan jou verhinder om toelating tot sekere studierigtings te kry óf in die verkeerde kursus laat beland, en boonop kan dit jou droomberoep buite bereik boender.”

 

Lees meer hier.