Hoofpyn of migraine: Wat is die verskil?

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Moet jy byna elke dag ‘n pilletjie of pakkie poeier sluk om te keer dat jy nie jou kollegas of kinders oor die kole haal nie? Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie beïnvloed hoofpynversteuring, wat hoofpyn en migraine insluit, ongeveer 50% van alle volwassenes.

 

Volgens dr. Dirk Lombard, mediese dokter van Kempton Park, maak die druksensasie en pyn wat ‘n mens in die kop ervaar dit soms moeilik om tussen ‘n tradisionele hoofpyn en migraine te onderskei.

 

“Die onderskeid is egter baie belangrik aangesien dit die oorsaak, behandeling, die uitskakeling van potensieel ernstige toestande en die voorkoming van toekomstige episodes beïnvloed,” sê hy.

 

Lees meer hier.