Hou dié selfoon-Dawid dop

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Hy’s allermins ‘n nuwe speler in die selfoonspan, maar die Chinese groep Xiaomi, wat aanvanklik sagteware ontwikkel het en sedert 2011 ook slimfone van goeie gehalte teen bekostigbare pryse bied, wys nou hakskene vir markgoliats Samsung en Apple.

 

Volgens die gesaghebbende Canalys se kwartaallikse slimfoonverkopeverslag het Xiaomi in die kwartaal tot einde Junie 83% meer fone verskeep teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

 

Die jongste verslag van Counterpoint Technology Market Research beaam dié syfers en sê Xiaomi se verkope het op ‘n maandgrondslag in Junie met 26% gestyg, wat dit die snelgroeiendste handelsmerk maak.

 

Lees meer hier.