Hou jou bloeddruk in toom

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Hoë bloeddruk is een van die hoofoorsake van sterftes wêreldwys – meer as 13% van alle sterftes kan hieraan toegeskryf word. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf byna 18 miljoen mense jaarliks aan harttoestande, met hoë bloeddruk wat die grootste sondebok is. Boonop kon 80% van dié sterftes deur gesonde eetgewoontes en 30 minute se oefening per dag voorkom word.

 

Volgens die Suid-Afrikaans Hartstigting sterf 225 Suid-Afrikaners daagliks weens hartaanvalle of beroertes. Altesaam tien mense in Suid-Afrika sterf elke uur aan ‘n beroerte. Een uit elke vyf Suid-Afrikaanse sterftes word deur toestande verwant aan hoë bloeddruk of hipertensie veroorsaak, terwyl een uit elke vier Suid-Afrikaners hoë bloeddruk het Maar wat is hoë en lae bloeddruk presies?

 

Hoë bloeddruk

 

‘n Mens word met hoë bloeddruk gediagnoseer indien jou bloeddruk, nadat dit vir ‘n tydperk gemonitor is, meestal hoë as normaal is. ‘n Normale bloeddruklesing vir ‘n gesonde volwassene is 120/80 of laer.

 

Lees meer hier.