Hou ‘n ogie op jou gesondheid

~ Maroela Media, September 2021 ~

Die koronaviruspandemie het sy tol op alle aspekte van die samelewing geëis, ook ons ooggesondheid. Ouers het maande lank van die huis af gewerk en kinders en studente het op hul beurt ure aanlyn aan skoolwerk en studies bestee.

 

Die skade van dié buitegewone hoeveelheid skermtyd sal dalk nie nou al duidelik wees nie, maar met Oogsorgbewustheidsmaand wat van 21 September tot 18 Oktober in Suid-Afrika gevier word, behoort ons opnuut ‘n ogie op dié onmisbare orgaan te hou. ‘n Gereelde oogondersoek kan letterlik jou lewe red.

 

Volgens die eerste wêreldverslag oor visie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, is daar 2,2 miljard mense met gesiggestremdheid of blindheid ter wêreld, met meer as een miljard gevalle wat voorkom kon word of nog behandel moet word, waaronder ver- of bysienheid, gloukoom en katarakte.

 

Lees meer hier.