Huurdeposito: Betaal met bitcoin

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

In ‘n opwindende deurbraak vir Suid-Afrika sal huurders binnekort hul deposito’s in kriptogeldeenhede soos bitcoin of ethereum kan betaal.

 

Quorum Holdings, ‘n groep wat spesialiseer in kommersiële eiendom, bekostigbare wooneenhede asook studentebehuising, is die eerste aanspraakmaker om aan huurders die opsie te bied om hul deposito uit hul digitale beursie te betaal en só munt te slaan uit die potensiële langtermynstyging in waarde wat kriptogeld kan inhou.

 

Hoewel huurdeposito’s standaard is in Suid-Afrika en gewoonlik een maand se huurgeld is, trek huurders gebruiklik geen voordeel uit dié geld wat dikwels vir jare in die verhuurder se sak lê en ‘n potensiële renteopbrengs bied nie.

 

Lees meer hier.