Kabel verbind derde van wêreldbevolking

~ Maroela Media, September 2021 ~

Sowat drie miljard mense, of te wel 36% van die wêreldbevolking, sal danksy die wêreld se langste ondersese kabelnetwerk, 2Africa, met mekaar verbind word. Dit is 1,8 miljard meer mense wat bereik gaan word as wat aanvanklik met die aankondiging van die netwerk in Mei 2020 in die vooruitsig gestel is.

 

2Africa, ‘n konsortium bestaande uit China Mobile International, Facebook, MTN GlobalConnect, Orange, stc, Telecom Egypt, Vodafone en WIOCC het gesê danksy die uitrol van ‘n bykomende kabelsegment sal die netwerk nou ook die Arabiese Gold, Indië en Pakistan insluit.

 

Die nuwe segment, genaamd 2Africa Pearls, bring die totale lengte van die 2Africa-kabelnetwerk op meer as 450.

 

Lees meer hier.