Keil koorsblare jou op?

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Benewens die koue dae wat die winter bring, sukkel baie mense in dié tyd van die jaar ook met koorsblare. Uiterste temperature (hitte óf koue), spanning en ‘n immunstelsel wat onder druk is, is snellers wat koorsblare kan aanvuur.

 

Koorsblare word veroorsaak deur die herpesvirus en kom selfs by kinders voor. Omdat dit ‘n virale infeksie is wat in die senuweeselle is, help antibiotika nie. ‘n Mens kry verskeie soorte herpesvirusse, soos Herpes 1 wat mondkoorsblare veroorsaak, Herpes 2 wat genitale herpes veroorsaak, en Herpes Zoster wat waterpokkies en gordelroos veroorsaak.

 

Koorsblare kom veral op die lippe en omliggende vel voor en begin met ‘n jeukerige sensasie, gevolg deur ‘n rooi kol en ‘n blasie wat mettertyd ‘n geel kors vorm. Koorsblare is hoogs aansteeklik en ofskoon die simptome binne sewe tot twaalf dae sonder spesifieke behandeling verdwyn, bly die virus sluimerend en kan dit later weer kop uitsteek.

 

Lees meer hier.