Klein treë, groot gesondheidsvoordele

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Om skielik enorme aanpassings aan jou eetgewoontes te maak, is vir baie mense vreesaanjaend en genoeg om die naaste sjokoladestafie van die rak af te gryp vir energie. Tog kan ‘n mens met behulp van klein aanpassings aan jou dieet nuwe gesondheidswip in jou stap sit. Hier’s tien wenke:

 

Kou stadiger

Navorsing toon dat hoe vinniger ‘n mens eet, hoe meer eet ‘n mens én hoe vinniger tel jy gewig op. Jou eetlus, hoeveel jy eet en wanneer jy versadig voel, word deur hormone beheer wat ‘n sein na die brein stuur om te sê dat jy versadig is. Dié sein neem sowat 20 minute om die brein te bereik, dus is stadiger eet die antwoord om minder kalorieë in te neem, meer te kou, en gevolglik met ‘n vietser lyf te spog.

 

Lees meer hier.