Koppe stamp allermins ‘n grap

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Die nuus van die Amerikaans komediant Bob Saget (65) se dood vroeër vanjaar het die wêreld aangegryp. In Februarie is berig dat geen misdaad vermoed word en geen dwelms of alkohol betrokke was nie, en dat sy dood weens ‘n kopbesering was. Medici het gevolglik ‘n beroep op mense gedoen om alle kopbeserings as ernstig te beskou.

 

Val van die bed of ‘n leer of trappe af, gly in die bad of op ‘n (nat) vloer is die algemeenste oorsaak van traumatiese breinbeserings, veral by ouer volwassenes en kinders. Ander oorsake sluit in motorongelukke, geweld en sportbeserings.

 

Saget se dood, asook die viering van Wêreldbewustheidsdag vir Kopbeserings op 20 Maart, laat die kollig opnuut op dié noemenswaardige oorsaak van sterftes en gestremdheid wêreldwyd val. Hoewel beskikbare data hieroor beperk is, word die jaarlikse voorkoms van traumatiese breinbeserings wêreldwyd op meer as 20 miljoen geraam.

 

Lees meer hier.