Kriptogeld: Tem dié talentvolle tiener

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

As die finansiële landskap ‘n restaurant was, was kriptogeld beslis die maaltyd van die dag. Kenners wat aan ‘n aanlyn dinkskrum van die Noordwes-Universiteit Besigheidskool deelgeneem het, meen dié onbekende én opwindende (tegnologie)gereg hoort op die spyskaart. Maar, roer hulle vinnig by: al lek talle hul lippe hiervoor af en het milijoene reeds ‘n voorsmakie gekry, kort die resep baie verfyning voordat Jan Alleman behoorlik gaan byt.

 

Mense is met rede nog baie versigtig om kriptogeld as ‘n ruilmiddel (geldeenheid), beleggingsinstrument of bateklas te beskou. Die gebrek aan regulering, die magdom kripto-eenhede wat soos wilde sampioene opspring, die gesiglose skeppers en roekelose spekulante, asook die soms woeste wispelturigheid in prys, vuur dié onsekerheidsvlam aan.

 

Die kenners is dit eens dat ‘n gebrek aan kennis oor en vertroue in dié onafwendbare omwenteling én ontwrigting van die finansiële sektor van die grootste redes is waarom baie mense (nog) hul neuse optrek.

 

Lees meer hier.