Kyk: Hommeltuig? Nee, dis ‘n lugtaxi

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Dink hommeltuig op steroïede. ‘n Minilugtaxi wat jou bo die stadsverkeer van punt A na punt B neem. Vergesog? Allermis!

 

Een verslag voorspel dat daar teen 2040 meer as 430 000 van dié futuristiese voertuie in die wêreld se lugruim sal wees, Uber en Boeing wat na berig word verwoed werk aan eVTOL (elektriese vertikale opstyg en landing)-taxi’s.

 

Die jongste maatskappy wat hoop om eerste met sy lugtaxi oor die wenstreep te vlieg, is Joby Aviation. Dié groep, wat in Kalifornië gesetel is, hoop om teen 2024 die wiele (of eerder skroewe) aan die draai te hê.

 

Lees meer hier.