Malaria maak steeds amok onder miljoene

~ Maroela Media, April 2022 ~

Ofskoon groot vordering gemaak word met die voorkoming en behandeling van malaria, eis dié lewensgevaarlike siekte, wat veroorsaak word deur parasiete wat meestal deur ‘n besmette Anopheles-wyfiemuskiet oorgedra word, steeds honderdduisende lewens per jaar.

 

Vier soorte malariaparasiete besmet mense: Plasmodium falciparum, P. vivax, P. ovale en P. malariae. Daarbenewens besmet P. knowlesi makake (‘n aapsoort) in Suidoos-Asië, wat malaria veroorsaak wat van diere na die mens oorgedra word (“soönotiese” malaria).

 

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie was daar in 2020 na raming 241 miljoen gevalle van malaria wêreldwyd. Die geskatte aantal malariasterftes het in 2020 op 627 000 te staan gekom, met 95% van malariagevalle en 96% van -sterftes wat in Afrika voorgekom het. Kinders jonger as vyf was verantwoordelik vir sowat 80% van alle malariasterftes in dié streek. Die Afrikalande met die hoogste voorkoms van malaria is Nigerië (31,9%), die Demokratiese Republiek van die Kongo (13,2%), Tanzanië (4,1%) en Mosambiek (3,8%).

 

Lees meer hier.