Mediese uitkoms wyl POF sloer

~ Maroela Media, Februarie 2022 ~

‘n Geskatte 1,9 miljoen slagoffers van padongelukke in Suid-Afrika is nie in staat om die mediese behandeling wat hulle benodig by privaat gesondheidsorgverskaffers te kry nie, ondanks ondernemings deur die omstrede  Padongelukkefonds (POF) dat hul gesondheidsotguitgawes gedek sal word.

 

Artikel 17(4)-ondernemings wat deur die POF uitgereik word, maak voorsiening vir pasiënte om deur privaat gesondheidsorgverskaffers behandel te word, en dié koste word deur die POF betaal. Die meeste mense ontvang egter nie behandeling nie omdat hulle nie vooraf uit hul eie sak daarvoor kan betaal nie. Pasiënte word eers deur die POF vergoed nadat die koste aagegaan en die behandeling verskaf is.

 

Lees meer hier.