Menslike papilloomvirus: Alles wat jy moet weet

~ Maroela Media, Februarie 2022 ~

Wêreldwyd is servikskanker, naas borskanker, die algemeenste soort kanker wat by vroue gediagnoseer word. In bykans 80% van alle gevalle word dit deur die MPV (menslike papilloomvirus) veroorsaak. Sedert 2014 is die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid besig met ‘n landwye veldtog om skoolmeisies teen dié virus in te ent, en vandeesmaand kry dié veldtog opnuut momentum.

 

Luidens ‘n verslag wat in Oktober 2021 deur die MPV-inligtingsentrum vrygestel is, word daar in Suid-Afrika na raming jaarliks 10 702 gevalle van servikskanker gediagnoseer, en 5 870 sterftes kan elke jaar aan dié soort kanker toegeskryf word. Die voorkoms van servikskanker in Suid-Afrika is aansienlik hoër as in die res van die wêreld – ongeveer 22,8 tot 27 per 100 000 vroue, teenoor die wêreldwye gedmiddeld van 15,8.

 

Lees meer hier.