Microsoft maak venster versigtig oop

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Anders as Apple wat jaarliks nuwe bedryfstelsels aan sy Mac-gebruikers bekend stel, moes (ander) rekenaargeesdriftiges meer as ses jaar wag om met ‘n nuwe Window-bedryfstelsel te spog.

 

Microsoft het die afgelope twee weke begin om Window 11 in fases uit te rol, ses jaar nadat Windows 10 in 2015 die tegnotroonopvolger van Window 8 geword het.

 

Afhangende van die hardeware en ouderdom van jou rekenaar kan bestaande Windows 10-gebruikers in fases tot en met middel 2022 die nuwe Microsoft-bedryfstelsel gratis aflaai. Gebruikers sal in kennis gestel word wanneer hulle vir die opdatering in aanmerking kom.

 

Lees meer hier.