Nóg groter kykkeuse op pad vir fliekvrate

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Kry solank die springmielies gereed, want Disney+ se stroomdiens is op pad na die Suidelike Halfrond! Die huis van Mickey-muis het met die bekendmaking van sy jongste finansiële resultate gesê Suid-Afrikaners kan hulle gereedmaak om in die witer van 2022 knus onder ‘n kombers aan sy kykgenot te begin knibbel.

 

Die koronaviruspandemie het die Walt Disney-groep se temaparke op ‘n stamperige wipwarit geneem. Soos die parke was rolprentteaters maande lank gesluit en sy gewilde passasierskepe in hawens gehok. Hoewel die wêreld se grootste vermaaklikheidsgroep tienduisende werknemers in 2020 moes aflê, is hy vol vertroue dat sake teen einde 2021 weer op volle vaart sal stoom.

 

Disney se stromingsdiens was middle-in die pandemie nie net vir ingeperktes wêreldwyd ‘n welkome ontvlugting nie, maar het hom ‘n broodnodige finansiële hupstoot gegee. Dit is op twee na die wêreld se gewildste stromingsdiens vir oorspronklike inhoud naas Netflix en Amazon Prime Video.

 

Lees meer hier.