Nuwe baas op die lyn by Telkom

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Net ‘n paar luitone langer as ‘n week nadat. Telkom aangekondig het dat Sipho Maseko die handstuk op die mikkie gaan neerlê as uitvoerende hoof, het die telekommunikasiegroep aangekondig dat sy opvolger, Serame Taukobong, reeds op die anderkant van die lyn aanhou.

 

Taukobong is tans uitvoerende hoof van Telkom se verbuikersakeafdelng en sal in werklikheid eers einde Junie volgende jaar die warm stoel inneem as Maseko finaal aflui. Taukobong sal egter vanaf 1 Oktober reeds met die titel aangewese uitvoerende hoof (CEO designate) op sy besigheidskaartjie pronk.

 

Volgens Telkom se voorsitter, Sello Moloko, is Taukobong ‘n ervare bestuurder wat kontinuïteit in die hand sal werk en toon dié interne aanstelling die kaliber van Telkom se grofgeskut.

 

Lees meer hier.