Paul Colditz: Kampvegter vir elke kind in elke klas

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

Moenie dat die rustige ritme van sy woorde, die reuk van Rum & Maple uit sy pyp of die omgeehart van ‘n oupa jou flous nie. Paul Colditz is ‘n verbete vegter wat onderwysowerhede in meer as 300 hofsake ore aangesit het. Sag geklop én deure oopgeskop om ‘n stewige juridiese grondslag vir skoolonderwys in Suid-Afrika te lê. Ter wille van elke kind in elke klas.

 

Dis ‘n snerpende Junie-oggend. My oudste leer kliphard in sy kamer bo die motorhuis (wat deur Covid-19 se kloue in ‘n Kantoor omskep is) oor die stryd in die loopgrawe tydens die Tweede Wêreledoorlog. Môre is geskiedeniseksamen.

 

“Net ‘n bietjie sagter, seun,” sê ek en skuif gewapen met stomende koffie reg vir my kuberkuier saam met Paul Colditz. Brandend van nuuskierigheid oor sy luisterryke loopbaan in die loopgrawe van die Suid-Afrikaanse skolelandskap.

 

Lees meer hier.