Peperduur elektrisiteit en water: Gee my krag

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Benewens beurtkrag en baie dele van die land wat weens stokou infrastruktuur en skokkende wanbestuur in die donker én met droë krane sit, dok Suid-Afrikaners steeds sakke vol geld vir krag en water op. Eskom se tariewe het oor die afgelope dekade met meer as 300% gestyg en vanjaar kos dit gebruikers ‘n bykomende 15% om die ligte aan te hou.

 

As deel van Spaarmaand het ons ‘n handjievol bekende wenke afgestof wat die meeste van ons ken, maar baie mn van ons toepas.

 

Deur byvoorbeeld sonpanele te installeer, ‘n gasstoof in plaas van ‘n elektriese stoof te gebruik, van lugreëling na waaiers oor te skakel (of sommer die deure en vensters oop te maak), en ‘n tydskakelaar vir toestelle soos die geiser, swembad en veiligheidsligte aan te bring, kan ‘n mens sakke vol geld spaar.

 

Lees meer hier.