Perdfris met pynappels

~ Maroela Media, September 2021 ~

Pynappels het tydens die pandemie koning gekraai en in Julie vanjaar het die prys in ‘n stadium met meer as 70% die hoogte ingeskiet soos die potte van Pretoria tot Paternoster met pynappelbier geprut het.

 

Pynappels, wat sy oorsprong in Suid-Amerika en sy naam aan Europese ontdekkers te danke het (omdat dit soos ‘n dennebol, oftewel “pinecone” lyk), is nie net ‘n stroopsoet peuselhappie vir pouse nie, maar propvol potensiaal as dit by jou gesondheid kom.

 

Ofskoon dié stekelrige vrug ‘n pyn is om te skil, is dit propvol vitamiene en vesel, en bevat geen vet nie.

 

Lees meer hier.